Boeke Tot Die Hemelruimte En
Weer

Title: Suid
Afrikaanse Weer En Atmosferiese Verskynsels
Author/Editor: van Zyl Format: Softcover Pages:
160 Size: 260mm x 210mm
10 Digit ISBN: 1875093354
Out Of Print
Waarom is die
lug blou? Hoe verloop 'n weerligstraal? Waar is die einde van die reenboog?
Weerstoestande beinvloed ons lewens elke dat, maar alhoewel dit 'n onuitputlike
onderwerp vir kommentaar en bespiegeling is, het die meeste mense 'n
simplistiese siening van dinamiese weersprosesse.
Die outeur het jonk reeds as boerseun onder die indruk van die grille en giere
van die weer gekom, wat gelei het tot 'n lewenslange belangstelling in
natuurverskynsels. Hy is ook 'n bekroonde landskap- en weerfotograaf. Hierdie
boek is 'n kombinasie van sy twee voorliefdes, en beskryf bykans alle
weeronderwerpe onder die son op 'n beknopte wyse, toegelik met meer as 150
pragtige foto's van weer met die Suid-Afrikaanse lanskap as agtergrond.
Deel 1 behandel onderwerpe wat gewoonlik met die woord 'weer' verbind word, soos
klimaat, weervoorspelling, wolke, donderstorms, koue fronte en reenval. Deel 2
behandel optiese atmosferiese verskynsels. Dit word veroorsaak deur die
dispersie van sonlig in reenboogkleure, deur waterdruppels en yskristalle in die
atmosfeer, wat 'n menigte skouspelagtige verskynsels veroorsaak soos die
reenboog, misboog, byson, en son- en maankring.
Hierdie boke is vir elkeen wat al ooit verwonderd gestaan het voor die prag en
ook die gevare wat die weer inhou. Vir reisigers, fotograwe, weerliefhebbers en
plaasboere is daar 'n magdom van weerverskynsels wat wag om ontdek en waardeer
te word. |
 |
| |
|
These prices include VAT but exclude postage and delivery charges which will be added when applicable. Prices are subject to change without prior notice and always subject to availability, which is never guaranteed. Delivery of Orders within South Africa between 4-5 working days from date of postage. |
|
BRYAN PEIRCE T/A ADVENTURES WITH NATURE (VAT registration no. 4210169209)
Telephone: +27 11 954 4675 * Facsimile: +27 86 551 1202 * Cellular Phone: +27 82 488 5061 * Email: bryan@awn.co.za
|