
Title:
Newman se Voels Van Suider Afrika
Author/Editor: Newman Format: PVC Pages:
536 13 Digit ISBN: 9781770078796
Our Price: R 175.00 Retail Price: R 230.00
Gedenkuitgawe
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n
opdatering van 'n klassieke voëlboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek
se mees geliefde voëlkenners, Kenneth Newman.
Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voëlkenner) het Vanessa
Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe
volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die boek bevat al die voëls wat
waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voëls van die
Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho
en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se
Voëls is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes
is gebruik vir voëlgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is
behou. Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voël
soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou
hoofkenmerke uit. 'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die
nuutste uitgawe van Newman se Voëls te gebruik.
Ook beskikbaar in Engels as Newman's Birds of Southern Africa. |
 |
 |
|
These prices include VAT but exclude postage and delivery charges which will be added when applicable. Prices are subject to change without prior notice and always subject to availability, which is never guaranteed. Delivery of Orders within South Africa between 4-5 working days from date of postage. |
|
BRYAN PEIRCE T/A ADVENTURES WITH NATURE (VAT registration no. 4210169209)
Telephone: +27 11 954 4675 * Facsimile: +27 86 551 1202 * Cellular Phone: +27 82 488 5061 * Email: bryan@awn.co.za
|